Wie is ek?

In sy blog-plasing, “Write Something”, sê Seth Godin: “There’s no such thing as writer’s block. There’s simply a fear of bad writing. Do enough bad writing and some good writing is bound to show up.” Dit is wat hierdie blog is: Ek skryf iets. 

In Hank Green se video “The Parable of the Perfect Pot” verduidelik hy dat ʼn mens tyd kan spandeer om een perfekte pot te maak of die tyd kan benut om een pot na die ander te maak. Eindelik, met die tweede metode, sal jy nader kom aan die ‘perfekte pot’ as met die eerste metode. Dit is wat hierdie blog is: Ek maak een pot na die ander. 

Brené Brown skryf in Daring Greatly: “Vulnerability is the birthplace of love, belonging, joy, courage, empathy, and creativity. It is the source of hope, empathy, accountability, and authenticity. If we want greater clarity in our purpose or deeper and more meaningful spiritual lives, vulnerability is the path.” Dit is wat hierdie blog is: Ek waag. 

Dit is die blog en ek is die skrywer en kunstenaar. My naam is Aletta Simpson. Ek is tans betrokke by Stellenbosch Universiteit. Ek gee klas oor akademiese geletterdheid en ek werk aan my meesters in Nederlandse letterkunde by die Departement van Afrikaans en Nederlands by Stellenbosch Universiteit. Ek skryf graag. Ek het al geskryf vir LitNet, Die Student, Jong Nederlandistiek, Spectrum, en Die Matie. Kreatiewe projekte wat ek al aangepak het, sluit in die skryf van ʼn toneelstuk vir Stellenbosch Universiteit se toneelfees, ʼn kortverhaal wat in Penseel (2019) gepubliseer is en die sketse vir grootmensinkleurboeke en ‘n kinderaktiwiteitboek. Ek is ook ʼn illustreerder en kunstenaar. Jy kan my kuns kyk op my website of op Instagram of Facebook.

Ek is opgewonde oor elke leser wat saam met my op hierdie reis gaan. Lees my blog hier.

Foto van Aletta Simpson